J!Analytics


Designed by:
.:CuppaWeb Designs:. CuppaWeb

Mees Veelsydige Musiek Produksies [MVMP]  het die lig gesien, nadat die groot leemte aan inheemse bladmusiek in Suid Afrika geïdentifiseer is.  Twee vriende het gedurende 2006 koppe bymekaar gesit en die inisiatief geneem om te begin met die publisering van Afrikaanse bladmusiek. 

 

Sedertdien streef ons daarna om die toonaangewende naam in die publisering van Afrikaanse Bladmusiek te word. 

 

Ons eerste publikasie, 12 Afrikaanse Songs Volume 1 nou reeds byna 2 jaar beskikbaar en is steeds ’n baie gewilde keuse by musikante.

Een van ons grootste uitdagings is om die transkripsie van die songs so na as moontlik getrou te hou aan die oorspronklike songs, soos opgeneem deur die kunstenaars.  Daar word ook baie aandag gegee aan musikale logika en uitvoerbaarheid.

 

Wie is MVMP nou eintlik?

 

Christo Janse van Rensburg:

Christo is die meesterbrein agter die transkripsie van al die songs.  Hierdie proses kan nogal tydrowend wees, en dit neem etlike ure, meestal weke, se swoeg en sweet voor die rekenaar om een bundel tot stand te bring.  Christo is ’n ervare musikant en meesterpianis.  Na voltooiïng van sy B.Mus (Hons) was Christo onder andere betrokke in die onderwys en is ook reeds 5 jaar begeleier van die Bloemfonteinse Kinderkoor.  Christo doen ook gereeld koorverwerkings vir die koor.

 

Dana van Niekerk:

Dana is verantwoordelik vir alles wat gebeur voor en na die publikasie van ’n bundel.  Daar is ’n redelike hoeveelheid administratiewe werk betrokke by die saamstel van ’n bundel.  Dana is intens betrokke by die druk en verspreiding van die bundels.

Dana is, ook ’n jarelange musikant, asook klankingenieur, en bedryf ’n tuisateljee as stokperdjie.

 

Ons boeke word hoofsaaklik in verskillende reekse verdeel wat aan verskillende behoeftes voldoen.  Of jy keyboardspeler, pianis of kitaarspeler is, ons het die regte bundel vir jou.

Ons verwelkom enige voorstelle en versoeke vir songs in toekomstige publikasies.  Kontak ons gerus.

 
  • Our Books
  • Our Books
  • Our Books
  • Our Books
  • Our Books
  • Our Books
  • Our Books
  • Our Books
  • Our Books
  • Our Books